Lyon

Lyon

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (Admin. gewes) Auvergne-Rhône-Alpes
 Département Métropole de Lyon
 Koördinate 45°46′N 4°50′O / 45.767°N 4.833°O / 45.767; 4.833
 Stigting 43 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 47,87 vk km
 Hoogte bo seevlak 162–305 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 522 969
 - Bevolkingsdigtheid 11 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 280 845
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Grégory Doucet (EELV)
 Amptelike webwerf Lyon

Lyon is 'n stad in die oostelike gedeelte van Sentraal-Frankryk by die samevloeiing van die riviere Rhône en Saône met 'n bevolking van 506 615 (2014). Dit is die hoofstad van die région Auvergne-Rhône-Alpes en die Métropole de Lyon en die hoofkwartier van die internasionale polisie-organisasie Interpol. Die metropolitaanse gebied van Lyon met sy bevolking van sowat 2,2 miljoen is die tweede grootste in Frankryk.

Die Romeinse amfiteater van Lyon
Lyon: Die basiliek Saint-Martin d'Ainay
Uitsig oor die dakke van die ou stadskern
Place de la république

Lyon staan bekend vir sy historiese ou stadskern, wat in 1998 deur die Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar is, en sy belangrike bydraes tot die Franse kookkuns. Paul Bocuse, die internasionaal befaamde sjef, is 'n boorling van Lyon en besit 'n aantal restourante in die stad.

Lyon is ook 'n bakermat van die rolprentbedryf. Die gebroeders Lumière, eweneens boorlinge van Lyon, behoort tot die grondleggers van die moderne bioskoop.

Baie Franse ken Lyon ook as die hoofstad van die sybedryf en as die stad van die ligte – hier word jaarliks op 8 Desember die Fête des lumières (Ligtefees) gevier en duisende kerse en teeliggies by die vensters geplaas.

In die omgewing van Lyon lê twee van die belangrikste Franse wynboustreke – Beaujolais in die noorde en Côtes du Rhône in die suide.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search